Copy
View this email in your browser
oldvineproject


US Woordfees 2018
Ou Wingerd Erfenis-wynproe

Kom luister gerus na die storie en proe waarom
Ou Wingerd-wyne so spesiaal is
.
Die  Ou Wingerd-projek (Old Vine Project – OVP) is begin deur Suid-Afrikaanse wingerdboukundige, Rosa Kruger, met jarelange internasionale ervaring met ou wingerdwyne.  Sy het vergete en verwaarloosde blokke opgespoor en na aansporing deur en ondersteuning van Johann Rupert, is die eerste lys van ou wingerde in 2005 opgestel.

Sy het dié wingerde bekend gestel aan vooraanstaande wynmakers soos Eben Sadie, Chris Alheit, Chris en Andrea Mullineux en die wynmakers van L'Ormarins. Só is die Ou Wingerd-reeks gebore en sedertdien is daar baie belangstelling onder wynmakers, asook die algemene publiek, om die ou blokke te bewaar en uitsonderlike wyne daarvan te maak. In 2016 het  Johann Rupert via die Rupert Stigting befondsing beskikbaar gestel om die Ou Wingerd-projek te formaliseer deur die ou wingerde in die grond te hou, bewusmaking aan te help en ‘n volhoubare model te skep om die boere dienooreenkomstig te vergoed.

Dis ‘n komplekse maar pragtige erfenis inisiatief.
          Tyd:                 19:00 stiptelik met die verwagting om
                                  20:30 formeel te eindig vir gaste met planne vir aandete
          Drag:               Gemaklik met ‘n tikkie Erfenis
          Prys:                R950 pp – sluit in wynproe en gepaardgaande versnaperinge
          Formaat:         19:00 Gaste word verwelkom met ‘n Filia Chenin blanc Brut
                                 19:15  Ter tafel en proe
06 Maart 2018
Spek & Bone met Chef Bertus Basson

 
Bespreek Nou
07 Maart 2018
Chef George Jardine by Die Landbousaal

 
Bespreek Nou
08 Maart 2018
Tokara met Chef Richard Carstens

 
Bespreek Nou
Copyright © 2018 Old Vine Project, All rights reserved.


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.

Email Marketing Powered by Mailchimp